Welkom by RockOpOranje!
RockOpOranje is die eerste Afrikaanse Alternatiewe Rockfees in die Bo-Karoo! 2012 is die fees se blootstellingsjaar en beloof om 'n onvergeetlike gebeurtenis te wees.
Die fees vind plaas van Vrydag 27 April tot Sondag 29 April 2012 (vertonings 27 en 28 April) op die idilliese oewer van die Oranjerivier op die Vluytjieskraal Landgoed, wat grens aan Orania in die Noord-Kaap.
RockOpOranje is ‘n wonderlike geleentheid om die lieflike natuurskoon van die Bo-Karoo te geniet met harde musiek as die klankbaan. Die natuurprag gaan gekombineer word met die alternatiewe rock-klanke van groepe soos Beeskraal, Die Tuindwergies, Bittereinder, Bouwer Bosch, Mosesmetroman en meer.
Vriendelike mense, fantastiese musiek, yskoue tapbier en ‘n ongelooflike atmosfeer is die resep vir ‘n bevange naweek van lekker kuier en vermaak!
Orania word 21!
Orania vier vanjaar sy 21ste verjaarsdag gedurende April! Almal wat al op Orania gekuier het weet dis 'n skoon en veilige Afrikanerdorp, oral bekend vir sy gasvrye inwoners, heerlike kos en asemrowende Karoolandskap.
Die dorp het geweldig gegroei sedert sy ontstaan in 1991 en bied vandag talle interessante besienswaardighede, restaurante, winkels en vele meer. Maak julself gereed vir die fees van die jaar op die lowergroen oewer van die Oranjerivier!
Musiekvideo's
Loer gerus in by RockOpOranje se YouTube-kanaal en sien 'n wye verskeidenheid musiekvideo's van die kunstenaars wat by vanjaar se fees gaan optree. Van ou legendes tot opkomende sterre - RockOpOranje hou nie terug nie!
|